# Rugby: Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê die waarskynlikheid van die gebruik van verbode middels neem toe omdat daar soveel op die spel is. Dit volg nadat twee jong stutte, Kai Pratt en Deon Botes, onlangs positief getoets het vir anaboliese steroïede. Botes is vir vier jaar geskors, terwyl Pratt versoek het dat sy B-monster getoets word. Die uitvoerende hoof van die instituut, Khalid Galant, sê die gewildheid en televisiedekking van skolerugby plaas toenemende druk op jong spelers wat ‘n loopbaan in rugby beplan.
Rugby: Instituut sê waarskynlikheid van verbode middels in skolerugby neem toe omdat daar soveel op die spel is