# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika ondersteun die Afrika-Unie se langdurige besluit om ‘n migrasiekonferensie vir die vasteland byeen te roep. Lamola het tydens ‘n inligtingsessie aan die media gesê die byeenkoms moet migrasie aanspreek, asook vrede, ekonomiese ontwikkeling, streeksintegrasie en demokratiese regering. Hy sê die konferensie moet ook die oorsake van xenofobie, geweld en anti-migrantesentiment aanspreek. Hy sê migrasie is ‘n kontinentale uitdaging wat ‘n gekoördineerde reaksie van Afrika verg:
Lamola ondersteun Afrika-Unie besluit om ‘n Afrika-migrasiekonferensie saam te roep [KLANK]
ENG-LamolaOnMigrationConference