Skip to content

Vervoerdepartement behaal tweede agtereenvolgende skoon oudit

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die Adjunkminister Mkhuleko Hlengwa verwelkom die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit. Hulle sê die uitkoms vir die 2025/2026-boekjaar weerspieël die departement se voortgesette verbintenis tot goeie staatsbestuur, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur. Woordvoerder, Collen Msibi, sê in die 2024/25-boekjaar het die departement vir die eerste keer in 31 jaar ‘n skoon oudit behaal. Die ministers het ook die Ouditkomitee en die Parlement se Vervoerportefeuljekomitee geloof vir die versterking van toesig en verantwoordbaarheid.