# Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, sê beleggers toon sterk vertroue in die regering se infrastruktuur-befondsingsprogram. Hy het op ‘n Absa-konferensie gesê die jongste veiling van infrastruktuur-effekte het aanbiedings van 17,8-miljard-rand gelok teenoor die vyf-miljard-rand wat beskikbaar gestel is. Effekte van 4,4-miljard-rand is toegeken. Pieterse sê die geld sal gebruik word om projekte te befonds wat deel vorm van die Begrotingsgerief vir Infrastruktuur. Dit sluit opgraderings aan Transnet se spoor- en hawe-infrastruktuur in, terwyl ‘n nuwe langtermyn-beleggingsgeleentheid geskep word om Suid-Afrika se infrastruktuur-ontwikkelingsdoelwitte te ondersteun.
Tesourie meld ‘n sterk vraag na infrastruktuur-effekte