Skip to content

Tennis: Alcaraz onttrek aan Cincinnati-ope en twyfel bestaan oor verdediging van sy Amerikaanse Ope-titel

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het hom aan die Cincinnati-ope onttrek weens ‘n knaende polsbesering. Die Spanjaard het in April laas mededingend gespeel toe die besering hom uit die Barcelona-ope gedwing het. Hy het ook die kans misgeloop om sy Franse Ope-titel te verdedig en ‘n poging om Wimbledon ‘n derde keer te wen. Alcaraz sou na Cincinnati terugkeer as deel van voorbereiding vir die verdediging van sy titel in die Amerikaanse Ope, wat op 30 Augustus begin.