# Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge het in ʼn ondersoek na die Padongelukkefonds bevind die fonds se vorige bestuur het die raad doelbewus omseil toe hy omvattende sekuriteitsmaatreëls vir die voormalige uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, goedgekeur het. Die fonds het tussen 2023 en 2025 minstens 27-miljoen-rand aan Letsoalo se veiligheid bestee. Dit was ten spyte van ʼn polisie-assessering wat geen bedreiging vir sy veiligheid kon vind nie. Die parlementêre regsadviseur, Fatima Ebrahim, sê Letsoalo se lyfwagte is van twee tot nege vermeerder:
POF magtig omvattende sekuriteit vir gewese uitvoerende hoof sonder raad se goedkeuring [KLANK]
ENG EbrahimOnRAF