# Gauteng se premier Panyaza Lesufi het die provinsiale regering se verbintenis om die stryd teen misdaad te wen herbevestig, en sê dis die grootste struikelblok vir ekonomiese groei, werkskepping en veiliger gemeenskappe. Die provinsie het volgens misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar ʼn algemene daling van 5,2-persent aangeteken in 17 ernstige misdade wat in gemeenskappe aangemeld is. Lesufi het gister by ʼn ministeriële vergadering oor geslagsgeweld, vrouemoord en misdaadvoorkoming met die gemeenskap in Ivory Park gepraat. Hy moedig gemeenskappe aan om met wetstoepassers saam te werk om misdaad uit te roei:
Gautengse premier sê misdaad is grootste struikelblok vir ekonomiese groei en werkskepping [KLANK]
ENG LesufiOnCrime