Skip to content

Rugby: Stormers kry inspirasie van WP wat All Blacks in 1976 geklop het

# Rugby: Die Stormers word geïnspireer deur Westelike Provinsie se span van 1976 wanneer hulle Vrydag in Kaapstad teen die All Blacks speel in die eerste toerwedstryd. Dis 50 jaar nadat die tuisspan laas teen Nieu-Seeland gespeel het, en 12-11 gewen het op Nuweland. Hulpafrigter Rito Hlungwani sê die huidige spelers het ‘n aanbieding gesien oor wat in 1976 gebeur het as motivering vir ‘n verwagte reuse-uitdaging op die Kaapstad-stadion. Die ervare Deon Fourie sê hulle besef watter voorreg dit is om weer teen die toerspan te staan te kom.