Skip to content

Gholf: Sterk Suid-Afrikaanse teenwoordigheid in tiende Mauritius-ope

# Gholf: Die verdedigende kampioen, Jayden Schaper, die opkomende ster Casey Jarvis en nog ‘n Suid-Afrikaner, Dean Burmester, het almal ingeskryf vir die tiende Mauritius-ope in Desember. Die gewese kampioen, Antoine Rozner van Frankryk, sal ook meeding om die prysgeld van 25-miljoen-rand. Schaper en Jarvis is albei op koers om volgende jaar hulle PGA-toerkaarte te ontvang en sal in Mauritius opdaag as die volgende geslag jong internasionale sterre.