Skip to content

Energiesertifikate sleutel tot groener geboue

# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê energieprestasie-sertifikate sal na verwagting ‘n toenemend belangrike rol speel om die energiedoeltreffendheid van geboue te verbeter en energieverbruik regoor Suid-Afrika verminder. Die nasionale spertyd vir nakoming het verstryk, en geboueienaars word aangemoedig om aan die verpligtinge te voldoen ingevolge die regulasies vir energieprestasie-sertifikate. Die Departement sê ‘n gefaseerde afdwingingsbenadering sal voldoenings-kennisgewings, inspeksies en moontlike vervolging insluit. Bedryfsdeskundiges sê die regulasies sal ingeligte beleggingsbesluite ondersteun en aanspreeklikheid versterk.