# Die Verkiesingskommissie het ʼn WhatsApp-kieserregistrasiediens bekendgestel om dit makliker te maak vir kwalifiserende landsburgers om te registreer vir November se plaaslike regerings-verkiesing. Meer as 1,7-miljoen mense het die OVK gekontak tydens verlede naweek se kieserregistrasienaweek. Vrydag is die sperdatum vir registrasie. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die WhatsApp-platform laat gebruikers toe om deur veilige identiteits-bevestiging te registreer of hul besonderhede by te werk om die kiesersrol se integriteit te beskerm.
Verkiesingskommissie stel WhatsApp-diens vir kieserregistrasie bekend