# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is deeglik bewus wat op die spel is voor vanaand se wedstryd teen Burkina Faso in die Afrikabekertoernooi vir vroue. Suid-Afrika is onderaan die punteleer in Groep B met slegs een punt na twee wedstryde. Hulle moet Burkina Faso klop en hoop Ivoorkus reken met Tanzanië af sodat hulle die kwarteindronde kan haal. Ellis sê hulle het genoeg ervare spelers om die span oor die hekkie te kry.
Sokker: Banyana Banyana weet wat op die spel is teen Burkina Faso