# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal het ʼn gedeeltelike aflewering van dialise-verbruiksartikels ontvang. Die DA beweer die hospitaal het geen natriumbikarbonaat-oplossings nie, wat ʼn noodsaaklike komponent van daaglikse dialise-behandelings is. Die hospitaal is nou verplig om noodvoorrade by die Helen Joseph Hospitaal te leen. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die gedeeltelike aanvulling beskerm voorraadvlakke sodat noodsaaklike nierbehandeling en dialise-dienste sonder onderbreking kan voortgaan:
Charlotte Maxeke Hospitaal ontvang gedeeltelike aflewering vir voortgesette dialisedienste [KLANK]
ENG MabonaONConsumables