# Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die uitdagings wat deur onwettige immigrasie veroorsaak word, vereis verenigde optrede en solidariteit. Tienduisende migrante uit Marokko het verlede week die grens na die Spaanse enklawe Ceuta oorgesteek. Volgens Spaanse owerhede is ongeveer 69-duisend-500 migrante weer terug in Marokko nadat hulle verlede Donderdag in die enklawe in Noord-Afrika aangekom het. Byna 100 mense is dood. Von der Leyen het die EU gevra om in sekere gebiede optrede te verdubbel, onder meer die voorkoming van onreëlmatige migrasie, beter eksterne grense en die toepassing van vroeë waarskuwingstelsels.
EU gevra om eksterne grense te versterk om toekomstige massa-oorgange te voorkom