Skip to content

Gautengse LUR vir Onderwys veroordeel die moord op ‘n onderwyser in Tsakane [KLANK]

# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die moord op ‘n leerkrag van die Michael Zulu Primary School in Tsakane, Ekurhuleni, veroordeel. Die onderwyser is gisteroggend doodgeskiet terwyl hy saam met ‘n groep leerders skool toe gestap het. Die motief vir die skietery is onbekend, en die polisie stel ondersoek in. Die woordvoerder van die LUR, Onwabile Lubhelwana, sê die verlies aan ‘n onderwyser is ‘n diepgaande tragedie, nie net vir die skool nie, maar vir die samelewing as geheel:

ENG LubhelwanaOnSupport