Skip to content

Spanje se Ceuta-enklawe oorweldig met duisende migrante wat oorbly ná grensbestorming

# Duisende migrante bly gestrand in Spanje se Noord-Afrikaanse enklawe van Ceuta na ‘n massiewe grensbestorming verlede week vanuit Marokko. Honderde het kamp opgeslaan op plaaslike strande terwyl ontvangsentrums sukkel om die situasie te behartig. Spaanse owerhede sê byna 70-duisend migrante is reeds na Marokko teruggestuur, terwyl die dodetal tot 83 gestyg het. Die krisis het diplomatieke spanning binne die Europese Unie veroorsaak. EU-ministers van binnelandse sake sal na verwagting ‘n noodvergadering hou, nadat Spanje vir meer steun gevra het om die ontwikkelende humanitêre krisis te help bestuur.