Skip to content

Omtrent 60 000 mense ontruim as gevolg van brande in Spokane, Washington

# Omtrent 60-duisend mense is beveel om te ontruim weens veldbrande wat die stad Spokane in die staat Washington, in Amerika, bedreig. Plaaslike amptenare het gesê die brande in die streek het 600 geboue, insluitend huise en ondernemings, vernietig. Die brande het teen gister byna twee-duisend-200-hektaar verbrand. Die burgemeester van Spokane, Lisa Brown, het dit die ergste natuurramp genoem wat die streek nog ondervind het. Amptenare het gesê geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Intussen bestry brandbestryders verskeie veldbrande in Griekeland, terwyl Europa die ergste vlaag brande in die onlangse verlede ondervind.