Skip to content

Eskom onderskryf Presidensie se padkaart vir elektrisiteitshervorming

# Eskom verwelkom die Presidensie se verslag oor die eerste fase van die elektrisiteitshervorming en steun ook die plan om ‘n onafhanklike staatsbeheerde transmissiestelsel-operateur tot stand te bring. Die kragvoorsiener verwelkom pogings om munisipale skuld, wat tans 119-miljard-rand beloop, te verminder en beskryf dit as noodsaaklik vir sy langtermyn finansiële volhoubaarheid en die land se energiesekerheid. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die toepassing van die hervormings moet Eskom se finansiële volhoubaarheid beskerm, verpligtinge teenoor leners nakom, en wanbetalings voorkom: