# Statebondspele: Span Suid-Afrika het 28 medaljes by die 23ste Statebondspele in Glasgow gewen: sewe goue, elf silwer- en tien bronsmedaljes. Die swemmers het 22 van die land se medaljes gebuit met Pieter Coetzé wat skoonskip gemaak het in die rugslag-items en ses rekords opgestel het. Chad le Clos het die mees bekroonde atleet in die Spele se geskiedenis geword. Hy het drie medaljes in Glasgow gewen, wat sy totaal op 21 medaljes by vyf Spele oor 16 jaar te staan bring. Australië met 171 het die meeste medaljes gewen.
Statebondspele: Span Suid-Afrika bring 28 medaljes huis toe