# President Cyril Ramaphosa sê die regering het vinnig opgetree om die bestuursuitdagings by die Openbare Beleggingskorporasie te hanteer, maar daar is geen krisis nie. Die OBK het ‘n nuwe raad onder leiding van die adjunkminister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Seiso Mohai. Die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, is tans geskors. Ramaphosa het gister tydens die ANC se kieserregistrasieveldtog in Emalahleni, Mpumalanga, gesê die OBK is ‘n belangrike instelling wat beskerm moet word:
Ramaphosa sê daar is geen krisis by die OBK nie, en beklemtoon dat dit beskerm moet word [KLANK]
ENG RamaphosaOnPIC