Die Voedsel-vakbond, FAWU, veroordeel wat hy bestempel as voortdurende intimidasie en druk op sy lede tydens die beskermde staking by Heineken Beverages, Suid-Afrika in Sandton, Johannesburg. FAWU-woordvoerder, Richard Aphane, sê Heineken het werkers ‘n vyf-persent-loonverhoging aangebied, terwyl die vakbondlede ‘n sewe-persent-verhoging oor die algemeen eis. Hy sê werkers toon steeds dissipline, eenheid en toewyding vir die verloop van die beskermde staking. Hy voeg by dat hulle steeds verbind is tot ‘n oplossing deur wettige kollektiewe bedinging.
FAWU veroordeel beweerde intimidasie terwyl beskermde staking vandag by Heineken voortduur