# Die IVP doen ‘n beroep op elke stemgeregtigde Suid-Afrikaner wat nog nie as kieser geregistreer is nie, om gebruik te maak van die laaste dag van Kiesersregistrasienaweek Hy waarsku dis die laaste geleentheid om te registreer voordat die kieserslys sluit. Die IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê sodra die verkiesingsdatum amptelik aangekondig en in die Staatskoerant gepubliseer word, sal kieserregistrasie sluit. Hy sê diegene wat teen daardie tyd nie geregistreer het nie, sal nie geregtig wees om in die plaaslikeregeringsverkiesing te stem nie.
IFP vra Suid-Afrikaners om hul stem te verseker voordat registrasie sluit