# Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika eis die staatsgeleide herindustrialisering van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Statistiek Suid-Afrika het aangekondig dat 245 besighede in die tweede kwartaal van hierdie jaar gesluit het. Giwusa-president Mametlwe Sebei sê die syfers verteenwoordig ‘n direkte en verwoestende aanval op die lewensbestaan van die werkersklas. Hy sê die feit dat die ekonomie een-duisend-361 besighede in die eerste helfte van 2026 verloor het, behoort ‘n wekroep vir die regering van nasionale eenheid te wees:
Giwusa sê maatskappye in Suid-Afrika word gedwing om te sluit [KLANK]
ENG SebeiONEconomy