Skip to content

DA eis verantwoording nadat minister geen bewyse kan vind van wettige oordrag van 4 miljard rand Parlementsherbouprojek nie [KLANK]

# Die DA sê hy gaan ‘n dringende parlementêre ondersoek aanvra oor bewerings rondom die oordrag van die Parlement se herbouprojek van 4-miljard-rand. Rikus Badenhorst van die party sê die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het bevestig sy departement kon geen bewyse vind dat die Parlement se herbouprojek ooit wettiglik van die Departement na die Parlement oorgedra is nie. Dit is gedoen tydens die ampstermyn van sy voorganger, Minister Patricia de Lille:

AFR BadenhorstONProject