# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement het kantoorure hierdie naweek landwyd verleng. Alle kantore sal oop wees vanaf 8-uur soggens tot 5-uur in die middag om te verseker burgers het toegang tot die dienste wat hulle benodig om as kiesers te registreer. Meer as 360-duisend identiteitsdokumente is tans gereed om afgehaal te word by Binnelandse Sake-kantore. Schreiber het burgers wie se dokumente gereed is, insluitend diegene wat nog ‘n slim ID-kaart benodig, aangespoor om gedurende die verlengde ure hul naaste Binnelandse Sake-kantoor te besoek.
Binnelandse Sake verleng kantoorure vir laaste kiesersregistrasie-naweek