# Statebondspele: Sinesipho Dambile het Vrydagaand in Glasgow op ‘n skouspelagtige wyse Span Suid-Afrika se eerste goue medalje op die atletiekbaan verower. Dambile het die mans 200-meter-eindstryd in 19,96-sekondes gewen. Die voormalige junior wêreldkampioen. Udodi Onwuzurike van Nigerië, was tweede en Christopher Taylor van Jamaika derde. Vroeër het die judo-atleet Donne Breytenbach ‘n bronsmedalje in die vroue 57-kg-afdeling verower. Span SA het nou altesaam 25 medaljes met sewe goud, nege silwer en nege brons.
Statebondspele: Dambile wen goud vir SA in Glasgow