# Die liggame van ‘n Zimbabwiese vrou en haar twee dogters wat in Brittanje vermoor is, sal na verwagting Sondag na Zimbabwe gerepatrieer word voor hulle Dinsdag in Bulawayo begrawe word. Nothabo, Natalie en Nala Tshuma is vroeër die maand dood aangetref in hul huis in Bedfordshire. Tshuba se man, Ndodana, het na Suid-Afrika gevlug maar is in Johannesburg aangekeer. Hy het sy aansoek om borgtog laat vaar in die Johannesburgse Landdroshof en bly in aanhouding op vuurwapen-aanklagte terwyl uitleweringsverrigtinge na Brittanje voortduur.
Vermoorde Tshuma-gesin se oorskotte word na Zimbabwe gerepatrieer