Skip to content

Statebondspele: Span SA hoop op nog goud in baan- en veldeindrondes vanaand

# Statebondspele: Span Suid-Afrika hoop op nog goud in die eindrondes van drie items op die Scotstoun-stadion in Glasgow vanaand. Die opwindende naelloper Sinesipho Dambile word beskou as gunsteling in die mans-200-meter na ‘n blitsige 19,82-sekondes in die halfeindronde. Douw Smit hoop om die podium te haal in die mans-spiesgooi na ‘n reuse-gooi van 80,64-meter in die kwalifiserende ronde. Die Para-atleet Liezel Gouws ding mee in die vroue-T38-verspring.