# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid vra koeriers en afleweringsbestuurders om waaksaam te bly ná ‘n toename in kapings gerig op koeriervoertuie. Owerhede het onlangs vyf verdagtes in hegtenis geneem wat met so ‘n kaping verbind word, terwyl twee vermeende roofverdagtes noodlottig gewond is tydens ‘n afsonderlike polisie-operasie in Boksburg. Die departement se woordvoerder, Ofentse Morwane, raai bestuurders aan om te hou by hul beplande roetes, afgesonderde gebiede te vermy en verdagte bedrywighede aan te meld:
Gauteng waarsku koeriers en hul bestuurders oor oplewing in kapings [KLANK]
ENG-MorwaneOnDrivers