# Die ANC het alle Suid-Afrikaners wat nog nie as kiesers geregistreer het nie, aangemoedig om dit môre en Sondag tydens die tweede en laaste kieser-registrasienaweek te doen. Dit is aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Meer as drie-miljoen registrasies is tydens die eerste kieser-registrasienaweek op 20 en 21 Junie aangeteken. Die waarnemende ANC-woordvoerder, Nonceba Mhlauli, sê die Verkiesingskommissie se registrasieveldtog is belangrik om ʼn vrye en regverdige verkiesing te verseker:
ANC moedig Suid-Afrikaners aan om die naweek as kiesers te registreer [KLANK]
ENG MhlauliOnIECCampaign