# Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA se 55 lede het eenparig gestem om die Wêreldbeker en ander FIFA-kompetisies te boikot indien die sport se beheerliggaam voortgaan met sy omstrede verkoopsplan. FIFA-president Gianni Infantino wil ‘n filiaal ter waarde van ongeveer 334,46-miljard-rand stig en meer as 20-persent van die nuwe FIFA Forward Enterprise verkoop en vanjaar na raming 70,35-miljard-rand insamel. Concacaf, wat die sport in Noord- en Sentraal-Amerika beheer en vanjaar se Wêreldbeker aangebied het, sê sy 41 lede het ook die voorstel verwerp.
Sokker: UEFA bevestig hy sal FIFA-toernooie boikot indien private beleggingsplan goedgekeur word