Skip to content

Statebondspele: Masala Makutu spog met Suid-Afrika se eerste baan-en-veldmedalje in Glasgow

# Statebondspele: Die Paralimpiese atleet, Masala Makutu, het Suid-Afrika se eerste baan-en-veldmedalje in Glasgow opgeraap toe hy silwer gewen het in die mans T12 100-meter. Die 20-jarige atleet het ‘n persoonlike beste tyd van 11,04 sekondes behaal. Sinesipho Dambile se blitsige 19,82-sekonde-prestasie is die tweede vinnigste tyd ooit op die Spele, en hy bespreek daarmee sy plek in die mans se 200-meter. Die vrouenetbalspan se medalje-hoop is verpletter toe hulle 58-54 teen Engeland verloor het. Suid-Afrika spog tans met 23 medaljes.