# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Kabinet se goedkeuring van die tienjaar-rybewyskaarte vir ligte motorvoertuie verwelkom. Die organisasie sê die verandering sal motoriste tyd en geld bespaar en druk op die lisensiehernuwingstelsel verminder. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê die nuwe tienjaar-geldigheidstydperk is nog nie in werking nie, en motoriste moet voortgaan om hul lisensies te hernu onder die huidige reëls totdat die nodige wetlike veranderinge gepubliseer word.
OUTA sê regering gee uiteindelik gehoor aan oproepe vir die langer geldigheidstermyn van rybewyse