# Die leier van die EFF, Julius Malema het sy vergelyking van die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, met die oorlede ANC-ringkop Winnie Madikizela-Mandela verdedig. Malema sê sy kommentaar het slegs verwys na Johnson se verskyning voor die Parlement se ad hoc-komitee en nie haar getuienis voor die Madlanga-kommissie nie. Hy sê hy het nie Johnson se getuienis voor die kommissie gevolg nie weens sy verkiesingsveldtogverpligtinge:
Malema verduidelik uitlatings waarin hy Andrea Johnson met Winnie Madikizela-Mandela vergelyk [KLANK]
ENG MalemaOnClarity