Skip to content

Russiese missiel het waarskynlik krater in Pole veroorsaak

# Die Poolse eerste minister Donald Tusk sê ‘n voorwerp wat in ‘n veld in die ooste van die land neergestort het, was waarskynlik ‘n Russiese missiel. Dit het ‘n 10-meter-wye krater ongeveer 100-kilometer van die Oekraïnse grens veroorsaak. Daar is geen berigte van sterftes of beserings nie, maar die voorval word as ernstig beskou. Oekraïne se waarnemende minister van Buitelandse Sake, Andriy Sybiha, het vroeër gesê ‘n Russiese kruisermissiel het tydens ‘n aanval op Oekraïne die Poolse lugruim binnegedring en NAVO se lugruim geskend. Verskeie Russiese hommeltuie en missiele het sedert die begin van die oorlog gereeld in Pole beland.