Skip to content

Rugby: Griekwas verwelkom Cheetahs in Kimberley vir naweel se eerste Curriebekerwedstryd

# Rugby: Die verdedigende kampioen, Griekwas, verwelkom vanaand die voorloper op die Curriebeker-punteleer, die Cheetahs, in Kimberley aan die begin van die derde ronde. Môre speel die Stormers teen die Haaie in ‘n kus-derby in Kaapstad, gevolg deur die Jukskei-derby tussen die Leeus en die Bulle in Johannesburg. Sondag pak Boland en die Pumas mekaar in Wellington. Boland is tans tweede op die punteleer nadat hulle albei hul eerste wedstryde gewen het. Die Leeus is derde, gevolg deur Griekwas, die Haaie, die Stormers, die Pumas en die Bulle.