Skip to content

Salman Rushdie se aanvaller skuldig bevind aan federale terreur-aanklagte in Amerika

# Die man wat die wêreldbekende skrywer Salman Rushdie in 2022 in Amerika gesteek en gedeeltelik blind gelaat het, Hadi Matar, is in ‘n federale hof in New York skuldig bevind aan terreur-aanklagte. Rushdie se roman, The Satanic Verses, is in groot dele van die Islamitiese wêreld veroordeel as godslasterlik. Die 28-jarige Matar dien reeds ‘n vonnis van 25-jaar uit vir poging tot moord. Hy kan met sy volgende hofverskyning in November lewenslange tronkstraf opgelê word. Aanklagte sluit in betrokkenheid by terrorisme wat nasionale grense oorskry.