Skip to content

FlySafair ervaar daling in aanvraag te midde van druk op brandstofpryse

# FlySafair sê die vraag na sy dienste het met 14-persent afgeneem namate die skerp styging in stralerbrandstofpryse druk op Suid-Afrika se lugvaartsektor plaas. Die lugredery sê die afname volg op die instelling van ‘n tydelike brandstofheffing nadat die prys van stralerbrandstof skerp gestyg het weens ontwrigtings in wêreldwye voorraadkettings verbind aan die oorlog in die Midde-Ooste. FlySafair sê hy bly daartoe verbind om bekostigbare lugreise aan te bied en sal die brandstofheffing weekliks hersien en dit verlaag of skrap namate brandstofpryse bestendig raak.