# Die Adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Steve Letsike, vra vir strukturele vrouebemagtiging wat diskriminasie verwerp en gelykheid, ekonomiese eienaarskap en vroue-leierskap bevorder. Vroueverteenwoordiging in die Parlement het van 33-persent in 2004 tot 42,8-persent in 2024 toegeneem, terwyl dit in die Nasionale Raad van Provinsies op 44,4-persent staan. Letsike sê bemagtiging is nie ‘n handjievol uitsonderlike vroue wat ontsnap het uit ‘n stelsel wat steeds miljoene mense onderdruk nie, maar die gesamentlike hervorming van daardie stelsel.
Adjunkminister Letsike vra vir strukturele bemagtiging van vroue