# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging sê Nasionale Tesourie se besluit om die oorblywende 7,1-miljard-rand in befondsing in Julie vry te stel, sal help om noodsaaklike munisipale dienste te beskerm en die behoefte aan verantwoordbaarheid versterk. Die Tesourie het erken gemeenskappe behoort nie onnodige blootgestel te word weens munisipale amptenare se bestuursmislukkings nie. SALGA se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hoewel die terughouding van fondse finansiële nakoming kan aanmoedig, moet sulke maatreëls versigtig teen grondwetlike verpligtinge gebalanseer word om ononderbroke dienslewering te verseker:
SALGA sê vrystelling van munisipale fondse sal noodsaaklike dienste beskerm [KLANK]
ENG ModibaONMunicipalities