Skip to content

Statebondspele: Chad le Clos word mees bekroonde atleet in die Spele se geskiedenis

# Statebondspele: Chad le Clos is die mees bekroonde atleet in die Spele se geskiedenis nadat hy sy 21ste medalje gebuit het toe Suid-Afrika brons gewen het in die mans-vier-maal-100-meter-wisselslag-aflos in Glasgow. Die vroue-aflosspan spog ook met brons. Pieter Coetzé het goud gewen in die mans-100-meter-rugslag in ʼn nuwe Spele-rekord van 51,77-sekondes, terwyl Ruard van Renen derde was. Kaylene Corbett spog met silwer in die vroue-200-meter-borsslag. Die Paralimpiese atleet Christian Sadie het goud gewen in die mans-S7-50-meter-vryslag. Suid-Afrika se medalje-oes staan nou op 22.