# Irak se Ministeriële Raad vir Nasionale Veiligheid het die land se ministerie van Buitelandse Sake opdrag gegee om regstappe teen die VSA en Saoedi-Arabië te doen. Dit volg nadat die twee lande gister Iran-gesteunde burgermagte in Irak aangeval het. Die Amerikaanse Sentrale Bevel sê die Iran-gesteunde terroriste is deur die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps opdrag gegee om Amerikaanse magte en die Saoedi-energie-infrastruktuur aan te val. Minstens 20 mense is dood en 32 gewond in die aanvalle op logistieke en wapenterreine. Irak sê hy sal enige skending van sy soewereiniteit uitdaag.
Irak gaan regstappe doen na dodelike Amerikaanse en Saoedi-Arabiese lugaanvalle