# Die Amerikaanse president, Donald Trump het die Hooggeregshof versoek om ‘n jurie-uitspraak van 1,39-miljard-rand vir laster ten gunste van die tydskrif-rubriekskrywer, E Jean Carroll, tersyde te stel. Dit gaan oor sy aanmerkings toe hy in 2019 president was en Carroll se bewering ontken het dat hy haar in die middel 1990’s seksueel aangerand het in die kleedkamer van ‘n afdelingswinkel in New York. Sy regspan voer aan die lasteruitspraak moet tersyde gestel word omdat hy weens sy presidentskap immuniteit het teen sulke regsgedinge.
Trump vra Hooggeregshof om lasteruitspraak oor E Jean Carroll tersyde te stel