Skip to content

Statebondspele: Nog 5 medaljes vir Span SA in Glasgow

# Statebondspele: Suid-Afrikaanse swemmers het nog vyf medaljes ingepalm en die land se totaal in Glasgow tot 16 laat styg. Chad le Clos het sy 20ste Statebondspele-medalje ingepalm toe hy Span SA gehelp het om silwer te wen in die gemengde vier-maal-100-meter-aflos. Lara van Niekerk het goud gewen in die vroue-50-meter-borsslag, terwyl Aimee Canny silwer verower het in die vroue-200-meter individuele wisselslag. Die Paralimpiese atlete Danicka Vyncke en Nathan Hendricks het silwermedaljes in hul onderskeie S13-50-meter-vryslagitems gewen. Suid-Afrika se netbalspan het Noord-Ierland 78-30 geklop.