Skip to content

Gholf: Sonskyntoer voeg nuwe Rwandese Ope by op sy program

# Gholf: Die Sonskyntoer brei verder uit in Afrika met die bekendstelling van die nuwe Rwandese Ope wat in September by die Kigali-gholfklub plaasvind. Beroepspelers van die toer en Rwanda, voorste amateurspelers en talle spelers van reg oor Afrika sal deelneem aan die toernooi met prysgeld van 2,5-miljoen-rand. Die toer het reeds toernooie in Zambië, Zimbabwe, Eswatini, Kenia en Uganda. Kommissaris Thomas Abt sê die Rwandese Ope is nog ʼn positiewe stap om aan Afrika se spelers geleenthede op die wêreldverhoog te bied.