# Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die inhegtenisneming van twee voormalige Binnelandse Sake-amptenare en vier lede van die publiek oor beweerde bedrog en korrupsie. Die saak hou verband met onreëlmatige laat registrasie van ‘n geboorte by die Malamulele-kantoor van Binnelandse Sake in Limpopo. Die Valke het die verdagtes in hegtenis geneem ná ‘n ondersoek deur die departement se Eenheid teen Korrupsie. Woordvoerder, Carli van Wyk, sê hulle het in die Landdroshof in Malamulele verskyn en bly in aanhouding. Die aansoek om borgtog word die 4de Augustus aangehoor.
Ses in hegtenis geneem oor beweerde bedrog by Binnelandse Sake