# Rugby: Argentinië se afrigter, Felipe Contepomi, het tien nuwelinge in sy groep ingesluit vir die toets teen Suid-Afrika en twee wedstryde teen Australië. Verskeie ervare spelers is nie beskikbaar nie weens verpligtinge by hul Europese klubs. Los Pumas is volgende Saterdag gasheer vir die Springbokke in Buenos Aires en speel die 29ste Augustus in San Salvador de Jujuy teen die Wallabies, en Mendoza op 5 September. Die toetse is gereël in die plek van die Rugbykampioenskap wat vanjaar nie plaasvind nie weens die All Blacks se toer in Suid-Afrika.
Rugby: Tien nuwelinge in die Pumas se groep vir toetse teen Bokke en Wallabies