Skip to content

Polisie ondersoek bande tussen slagoffers en verdagtes in Gugulethu-massaskietery

# Die waarnemende Wes-Kaapse polisiekommissaris, Luyanda Damoyi, sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagtes in die Gugulethu-massaskietery moontlik hul slagoffers geken het. Vier mans en ʼn vrou is dood toe gewapende mans gister in die vroeë oggendure by ʼn huis ingebreek het. Die aanvallers het na bewering ʼn vuurwapen geëis voordat hulle op die inwoners losgebrand het. Damoyi sê die vermoede bestaan dat almal in die huis doodgeskiet is om moontlike getuies uit te skakel, maar die ondersoek duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.