# Sokker: Die verdedigende kampioen, Banyana Banyana, het 2-1 teen Tanzanië verloor in hul Groep B-openingswedstryd van die Afrikabekertoernooi vir vroue in Casablanca, Marokko. Diana Msewa het Tanzanië laat voorloop voor Bambanani Mbane die telling gelyk gemaak het aan die einde van die eerste helfte. Hasnath Ubamba het die wendoel aangeteken. Banyana Banyana ondervind nou ʼn opdraande stryd om die uitklopronde te haal, met Ivoorkus en Burkina Faso ook in die groep. Die vier spanne in die halfeindronde kwalifiseer outomaties vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië.
Sokker: Banyana Banyana verloor teen Tanzanië in Wafcon-openingswedstryd