Skip to content

Statebondspele: Vyf Suid-Afrikaanse baanatlete kwalifiseer vir volgende rondes

# Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse naellopers Akani Simbine, Bradley Nkoana en Gift Leotlela het almal deurgedring na die volgende ronde van die 100-meter tydens vanoggend se eerste baan- en veldnommers in Glasgow. Jacobus le Roux en Sabelo Dhlamini het ook gekwalifiseer vir die volgende ronde van die 110 meter-hekkies. Die middelafstand-gunsteling Prudence Sekgodiso maak vanaand haar Spele-buiging in die openingsuitdunne van die 800-meter. In die 100-meter para-naelloopitems begin Sheryl James en Liezel Gouws hul medaljeveldtogte.